Psalms 119:168 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het u bevele en U getuienisse onderhou, want al my weë is voor U aangesig.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek gehoorsaam u bevele en eise, want U weet van alles wat ek doen.
Afrikaans 1933/1953
Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.
Afrikaans 1983
U bevele en verordeninge gehoorsaam ek. My hele lewe lê oop voor U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek kom u opdragte en u bepalings na, want al my paaie lê oop voor U.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek hou aan om te doen wat U beveel en wat U sê, want U sien altyd hoe ek lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk net: ek gehoorsaam alles wat U sê en luister na u raad, my lewe is soos ’n oop boek voor U.