Psalms 119:176 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek U dienaar; want ek vergeet U gebooie nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos ’n verlore skaap het ek gedwaal; kom en soek my tog, want u gebooie het ek nie vergeet nie.
Afrikaans 1933/1953
Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.
Afrikaans 1983
As ek sou ronddwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het verdwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, U moet my soek, vir my, u dienaar, want ek het nie u gebooie vergeet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ek soos ’n skaap is wat verdwaal het, kom haal my asseblief! Ek sal u stem dadelik herken, want ek vergeet nooit een van u woorde nie.