Psalms 119:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg U gebooie nie vir my nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Al is ek net ’n vreemdeling op aarde, moenie u gebooie van my weghou nie.
Afrikaans 1933/1953
Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
Afrikaans 1983
Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese: laat my tog nie sonder u gebooie wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is 'n •vreemdeling op aarde; moet u bevele nie vir my verborge hou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal nie lank hier op die aarde wees nie, U moet vir my leer wat u gebooie sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is glad nie belangrik nie; mense loop maklik bo-oor my. Dus kan ek dit nie bekostig om ’n enkele oomblik sonder U te leef nie.