Psalms 119:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het die hoogmoediges bestraf wat vervloek is, wat van U gebooie afdwaal.
Afrikaans (NLV) 2011
U bestraf trotsaards en vervloektes wat afdwaal van u gebooie.
Afrikaans 1933/1953
U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
Afrikaans 1983
U straf die hovaardiges, die vervloektes wat van u gebooie afwyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U bestraf vermeteles, die vervloektes, hulle wat van u bevele afdwaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U praat kwaai met die hoogmoedige mense, U het hulle vervloek. Hulle is die mense wat nie wil doen wat u gebooie sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U hou niks van mense wat nie doen wat U sê nie, U gooi hulle eenkant toe; vir altyd!