Psalms 119:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verwyder smaad en veragting van my af; want ek het U getuienisse bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Weer smaad en belediging van my, want ek gehoorsaam u waarskuwings.
Afrikaans 1933/1953
Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
Afrikaans 1983
Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie, want ek kom u verordeninge na.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verwyder bespotting en minagting van my, want by u bepalings hou ek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet keer dat mense my nie spot en verneder nie, want ek doen wat U sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie dat slegte mense my onderstebo loop nie. Onthou tog dat ek u Woord in my hart gebêre het.