Psalms 119:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat my die weg van U bevele verstaan; so sal ek van U wonders praat.
Afrikaans (NLV) 2011
Leer my verstaan die betekenis van u bevele, sodat ek u wonders kan oordink.
Afrikaans 1933/1953
Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.
Afrikaans 1983
Leer my hoe om u bevele uit te voer. Ek wil van u magtige dade vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die pad van u opdragte – laat my dit verstaan, sodat ek oor u wonders kan nadink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet my help om te verstaan wat U beveel, sodat ek oor u wonderwerke kan dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
leer my nou om te doen wat U sê. Leer my om die volle rykdom van u voorskrifte goed te verstaan. Ek wil heeltyd daaroor dink.