Psalms 119:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal die weg van u gebooie loop as U my hart verruim.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal die pad van u gebooie navolg, want U sal my begrip verbreed.
Afrikaans 1933/1953
Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.
Afrikaans 1983
Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam, want U verryk my lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die pad van u bevele volg ek geesdriftig, want U verruim my insig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil graag lewe soos u gebooie sê, want U sal my help om dit te verstaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid.