Psalms 119:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Leer my, o HERE, die weg van U insettinge; en ek sal dit tot die einde toe bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Leer my, Here, hoe om u voorskrifte uit te voer sodat ek hulle tot die einde toe kan nakom.
Afrikaans 1933/1953
He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.
Afrikaans 1983
Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Here, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet vir my leer wat u wette beteken, sodat ek altyd kan doen wat die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, wys my wat U van my verwag, dan sal ek tot aan die einde van my lewe net doen wat U vra.