Psalms 119:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gee my insig, en ek sal U wet onderhou; ja, ek sal dit met my hele hart onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011
Gee vir my insig dat ek kan leef volgens u gebooie, en dit van harte gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953
Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
Afrikaans 1983
Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet my help om te verstaan, sodat ek kan doen wat U vir my leer en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees met my hele hart.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Verander my manier van dink; maak my gedagtes vol met u wet! Dan sal ek heeltyd doen wat U sê.