Psalms 119:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Bevestig U woord aan U dienaar, wat toegewyd is aan u vrees.
Afrikaans (NLV) 2011
Bevestig opnuut aan my u belofte, wat bedoel is vir hulle wat U dien.
Afrikaans 1933/1953
Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.
Afrikaans 1983
Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Doen u woord gestand aan u dienskneg – u woord wat ontsag wek vir U.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet vir my doen wat U belowe het, vir my, u dienaar, want U het dit belowe vir mense wat vir U dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maak dit wat U in die Bybel aan u kinders beloof waar in my lewe.