Psalms 119:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dink aan die woord aan u kneg waarop U my laat hoop het.
Afrikaans (NLV) 2011
Onthou die beloftes aan u dienaar, want U het my laat hoop.
Afrikaans 1933/1953
Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
Afrikaans 1983
Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dink aan u woord aan u dienskneg waarmee U aan my hoop gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie, vir my, u dienaar. Dit het my laat hoop dat U my sal help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Onthou asseblief tog al die dinge wat U vir my, u dienaar, gesê het; ek hou met my hele lewe daaraan vas.