Psalms 119:73 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U hande het my gemaak en my gevorm; gee my insig, dat ek U gebooie kan leer.
Afrikaans (NLV) 2011
U hande het my gemaak, my gevorm. Gee my tog insig om u gebooie te verstaan.
Afrikaans 1933/1953
Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
Afrikaans 1983
Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U hande het my gemaak, my gevestig; maak my verstandig, ek wil u bevele leer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe, U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het my met u eie hande gemaak. Maak my kop nou ook vol met u wysheid sodat ek mooi verstaan wat U vra.