Psalms 119:74 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wat U vrees, sal bly wees as hulle My sien; want ek het op uUwoord gehoop.
Afrikaans (NLV) 2011
U dienaars sal my sien en bly wees, want op u woord hoop ek.
Afrikaans 1933/1953
Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.
Afrikaans 1983
Dié wat U dien, is bly as hulle my sien, want ek vertrou op u woord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle wat vir U ontsag het, sien my en is bly, want op u woord wag ek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat vir U dien, sal na my kyk en hulle sal bly wees, want hulle sal sien ek glo dat U sal doen wat U gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ander gelowiges sien hoe ek aan U vashou, maak dit hulle baie bly. Ek vertrou op wat U sê.