Psalms 119:75 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek weet, HERE, dat u oordele reg is, en dat U my in trou verdruk het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek weet, Here, u bepalings is reg; op grond van u trou bestraf U my.
Afrikaans 1933/1953
Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.
Afrikaans 1983
Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek weet, Here, dat u beslissings regverdig is, en dat U my in getrouheid verneder het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, ek weet dat U reg besluit, en dat U my laat swaarkry het omdat U gesê het U sal dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As daar een ding is wat ek weet, Here, is dit dat u bevele ’n mens help om reg op te tree. Partykeer stuur U probleme na my toe, net om te sien of ek nog aan U vashou.