Psalms 119:78 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die hoogmoediges beskaamd staan; want hulle het my sonder oorsaak verkeerd gehandel, maar ek sal U bevele oordink.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat die verwaandes in skande kom omdat hulle my vals beskuldig; maar ek sal u bevele oordink.
Afrikaans 1933/1953
Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar,k oordink u bevele.
Afrikaans 1983
Laat die hovaardige mense die slegste daarvan afkom, want hulle het my vals beskuldig; u bevele bly my altyd by.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat vermeteles beskaamd staan, want sonder rede veronreg hulle my; maar ek sal bly nadink oor u opdragte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet die hoogmoedige mense laat verloor, want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei. Ék wil dink aan wat U beveel het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat daardie spul wat so baie van hulleself dink, daar sleg van afkom. Hulle vertel ’n klomp leuens oor my. Gelukkig weet U dis nie waar nie, ek doen net wat U sê.