Psalms 119:84 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoeveel is die dae van U kneg? wanneer sal U oordeel aan die wat My vervolg?
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe lank moet u dienaar wag? Wanneer straf U my agtervolgers?
Afrikaans 1933/1953
Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?
Afrikaans 1983
Hoe lank moet ek nog so lewe? Wanneer straf U my vervolgers?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoeveel dae is daar nog vir u dienskneg? Wanneer gaan u die oordeel voltrek oor my vervolgers?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek is u dienaar. Hoe lank sal ek nog lewe? Wanneer straf U die mense wat my volg en jaag?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoe lank sal hierdie swaarkry nog aanhou? Wanneer klim U ’n slag in onder almal wat dit vir my so moeilik maak?