Psalms 119:85 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die hoogmoediges het vir my kuile gegrawe wat nie volgens U wet is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie verwaande mense wat nie leef volgens u gebooie nie, het vir my vanggate gegrawe.
Afrikaans 1933/1953
Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.
Afrikaans 1983
Die hovaardiges, wat nie volgens u wet lewe nie, het vir my meer as een keer 'n gat gegrawe om in te val.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vermeteles het vir my vangkuile gegrawe, hulle wat nie volgens u wet optree nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die hoogmoedige mense het gate gegrawe sodat ek daarin moet val, húlle is die mense wat nie doen wat U vir ons geleer het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daardie slegte spul wat nie na U luister nie, probeer my vernietig.