Psalms 119:87 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het my amper op aarde verteer; maar ek het U bevele nie verlaat nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn, maar ek het geweier om af te sien van u bevele.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar,k het u bevele nie verlaat nie.
Afrikaans 1983
Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn, maar u bevele het ek nie verontagsaam nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Byna het hulle my vernietig hier op aarde, maar ek, ek het u opdragte nie verontagsaam nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gedoen wat U beveel het, maar hulle het my amper doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Slegte mense het my amper doodgemaak, maar ek hou aan om na U te luister.