Psalms 123:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
('n Lied van grade.) Tot U slaan ek my oë op, o U wat in die hemel woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek kyk op na U, U wat in die hemel woon.
Afrikaans 1933/1953
'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.
Afrikaans 1983
'n Pelgrimslied. Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n •Pelgrimslied. Na U kyk ek op, U wat in die hemel woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Here, U wat in die hemel op u troon sit, ek kyk op na U toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek staan soos ’n bedelaar voor die Here wat oor alles regeer.