Psalms 125:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos die berge rondom Jerusalem is, so is die HERE van nou af tot in ewigheid rondom sy volk.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos daar berge is rondom Jerusalem, so is die Here rondom sy volk nou, en vir altyd.
Afrikaans 1933/1953
Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.
Afrikaans 1983
Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jerusalem word omring deur berge; die Here omring sy volk van nou af tot in ewigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is berge rondom Jerusalem, en so beskerm die Here ook sy volk, nou en vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jerusalem word deur berge omring. Dit beskerm sy inwoners. Net so bewaar die Here diegene wat Hom vertrou. Hy hou sy oog oor hulle.