Psalms 130:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As U, HERE, ongeregtighede let, o HERE, wie sal bestaan?
Afrikaans (NLV) 2011
Here, as U ons sondes sou opteken, wie, Here, sou ooit kon bestaan?
Afrikaans 1933/1953
As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?
Afrikaans 1983
As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As U sondeskuld toereken, Here – my Heer, wie kan dan staande bly?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, as U aangehou het om te dink aan die sondes wat mense doen, Here, wie sou dan nog kon lewe?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As U die hele tyd mense oor hulle sondes moes verwyt, sou niemand meer kon lewe nie.