Psalms 138:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek wil aanbid na u heilige tempel en u Naam prys vir u goedertierenheid en om u waarheid, want U het u woord groot gemaak bo u hele Naam.
Afrikaans (NLV) 2011
wanneer ek buig na u heilige tempel. Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik.
Afrikaans 1933/1953
Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.
Afrikaans 1983
Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil in aanbidding buig na u •heilige •tempel; ek wil u Naam prys oor u troue liefde, oor u trou; Want U het u beloftes bo al u roem laat uitstyg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil buig na u gewyde tempel en ek wil u Naam prys omdat U doen wat U belowe het en omdat U dieselfde bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U sal ek loof en aanbid, want ’n mens kan U vertrou. U het u kinders baie lief. Omdat u Naam op die spel is, het U belowe om u kinders altyd lief te hê.