Psalms 138:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op die dag toe ek geroep het, het U my geantwoord en my versterk met krag in my siel.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag.
Afrikaans 1933/1953
Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.
Afrikaans 1983
Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dag toe ek geroep het, het U my geantwoord. U maak my innerlik sterker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dag toe ek geroep het en gevra het dat U my moet help, toe het U my geantwoord, U het my sterk gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het ek tot U gebid. U het na my geluister en my gehelp. My lewe het verander, want U het my nuwe moed en krag gegee.