Psalms 139:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, die duisternis verberg nie vir jou nie; maar die nag skyn soos die dag: die duisternis en die lig is vir jou albei.
Afrikaans (NLV) 2011
dan is die nag vir U nie donker nie, maar is so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig.
Afrikaans 1933/1953
dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
Afrikaans 1983
maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
is selfs duisternis nie vir U donker nie, maar skyn nag so lig soos die dag, is die duisternis soos die lig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan is dit nie donker vir U nie. Vir U is die nag so lig soos die dag en donker is vir U soos lig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Lig en donkerte is vir U dieselfde. Niemand kan vir U iets in die donker wegsteek nie.