Psalms 139:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het my van agter en van agter omring en u hand op my gelê.
Afrikaans (NLV) 2011
U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my.
Afrikaans 1933/1953
U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
Afrikaans 1983
U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van agter en van voor omsluit U my; U plaas u handpalms op my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U is agter my en U is voor my, U hand beskerm my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U beskerm my hele lewe. Ek kan dit glad nie verstaan nie, al probeer ek.