Psalms 139:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ek in die hemel opklim, is U daar; as ek my bed in die hel opmaak, kyk, U is daar.
Afrikaans (NLV) 2011
Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar!
Afrikaans 1933/1953
Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
Afrikaans 1983
Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Klim ek op na die hemel – U is daar; gaan lê ek in die •doderyk – ook daar is U!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As ek opklim na die hemel, dan sal U daar wees. As ek in die doderyk my slaapmat oopgooi en gaan lê, dan sal U dáár ook wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ek hemel toe gaan, is U daar. As ek doodgaan, is U by my.