Psalms 143:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Leer my om u wil te doen; want U is my God. U gees is goed; lei my na die land van opregtheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Leer my om u wil te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei op ’n pad wat gelyk is.
Afrikaans 1933/1953
Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.
Afrikaans 1983
Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is, want U is my God. U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet vir my leer om te doen wat U wil hê, want dit is Ú wat my God is. U is goed, U moet my op 'n gelyk pad laat loop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wees vir my soos ’n onderwyser. Leer my om te doen wat U wil hê, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei sodat ek min probleme op my lewenspad het.