Psalms 143:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En tree nie in die gereg met u kneg nie, want voor u oë sal geen mens wat lewe, geregverdig word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie ’n regsgeding teen u dienaar begin nie, want niemand wat lewe, is voor U onskuldig nie.
Afrikaans 1933/1953
En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.
Afrikaans 1983
Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie, want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet net nie u dienskneg voor die gereg daag nie; want niemand wat leef, is voor U regverdig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moenie vir my, u dienaar, oordeel nie, want niemand is onskuldig wanneer hy voor U staan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moet asseblief nie sê dat ek skuldig is voor U nie. In elk geval, daar is niemand op aarde wat onskuldig voor U is nie. Selfs nie eens hulle wat U dien, is sonder sonde nie. Ook ek is skuldig.