Psalms 144:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is Hy wat aan konings redding gee, wat sy dienaar Dawid verlos van die skadelike swaard.
Afrikaans (NLV) 2011
U wat oorwinning gee aan konings, wat vir Dawid, u dienaar, van die bose swaard gered het.
Afrikaans 1933/1953
U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.
Afrikaans 1983
U wat aan konings die oorwinning skenk, wat u dienaar Dawid red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U wat aan konings die oorwinning gee, wat Dawid, u dienskneg, bevry van 'n dodelike swaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is U wat konings help om oorloë te wen, dit is U wat vir Dawid weggeruk het voor 'n wrede vyand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U laat konings wen; U keer dat koning Dawid iets oorkom.