Psalms 144:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Werp weerlig uit en verstrooi hulle; skiet jou pyle uit en vernietig hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat weerligstrale u vyande verstrooi, u pyle hulle in verwarring laat vlug.
Afrikaans 1933/1953
Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!
Afrikaans 1983
Laat die weerligstrale blits en jaag die vyande uitmekaar, stuur u pyle en jaag hulle op loop!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat weerligte flits en dryf hulle uitmekaar; stuur u pyle en bring hulle in verwarring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet die weerlig laat blits en U moet die vyande na al die kante toe jaag, U moet u pyle skiet en U moet hulle laat vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat u weerlig soos pyle slaan sodat u vyande in alle rigtings weghardloop.