Psalms 144:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Stuur jou hand van bo af; verlos my en red my uit groot waters, uit die hand van vreemde kinders;
Afrikaans (NLV) 2011
Reik af uit u hemel en verlos my; bevry my van woeste waters, red my uit die mag van vreemdelinge
Afrikaans 1933/1953
Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,
Afrikaans 1983
Strek u hand van bo af uit, bevry my, red my uit die geweldige waters, uit die mag van vreemdelinge
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Reik met u hand uit die hoogte, bevry my en red my uit die watermassa, uit die hand van vreemdes
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet u hand uitsteek uit die hemel en U moet my wegruk, U moet my red van die baie water, U moet my red van ander volke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Red my van die spul vreemde mense