Psalms 144:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek wil tot eer van U, o God, 'n nuwe lied sing; op 'n psalter en 'n instrument van tien snare sal ek tot eer van U sing.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sing ’n nuwe lied vir U, o God! Ek sing lofsange met begeleiding van die harp.
Afrikaans 1933/1953
o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.
Afrikaans 1983
Ek wil tot u eer 'n nuwe lied sing, o God, tot u eer wil ek sing met begeleiding van die lier,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
O God, 'n nuwe lied wil ek vir U sing, met begeleiding van die tiensnarige harp wil ek U besing –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
O God, ek wil vir U 'n nuwe lied sing, ek wil vir U musiek maak met die harp.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil ’n lied sing wat ek spesiaal net vir U geskryf het, o God. Met musiekinstrumente wil ek u Naam grootmaak.