Psalms 145:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U koninkryk is 'n ewige koninkryk, en u heerskappy duur van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011
Want u koninkryk is ’n koninkryk vir alle tye. U heers geslag na geslag.
Afrikaans 1933/1953
Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
Afrikaans 1983
U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U koningskap is 'n koningskap vir alle ewighede, u heerskappy duur deur al die komende geslagte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U sal altyd Koning wees, U sal oor al die geslagte regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Alles waaroor U regeer, is vol glans en glorie. U regeer van altyd af. U sal ook vir altyd regeer. U heers oor almal op aarde.