Psalms 145:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U maak u hand oop en versadig die begeerte van al die lewende wesens.
Afrikaans (NLV) 2011
U maak u hand oop, en bevredig die begeertes van al wat lewe.
Afrikaans 1933/1953
Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
Afrikaans 1983
U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer U u hand oopmaak, versadig U al wat lewe met wat hulle wil hê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U maak u hand oop, U gee vir almal wat lewe, U gee vir hulle alles wat hulle vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat U goed is, gee U maklik goeie dinge aan ons. U gee meer as genoeg van u goedheid aan almal op aarde.