Psalms 145:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die mense sal praat oor die mag van U verskriklike dade, en ek sal U grootheid verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011
Mense sal praat van u vreeswekkende dade; hulle sal van u grootheid vertel.
Afrikaans 1933/1953
Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.
Afrikaans 1983
sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor die krag van u ontsagwekkende dade praat mense; van u grootheid wil ek vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense moet bang word vir U wat sterk is, hulle moet daaroor praat, hulle moet vertel dat U groot is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil vertel hoe belangrik U is. U heiligheid straal uit U uit.