Psalms 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom is my hart bly, en my heerlikheid jubel; ook sal my vlees rus in hoop.
Afrikaans (NLV) 2011
Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof, en woon in veiligheid.
Afrikaans 1933/1953
Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
Afrikaans 1983
Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom is my hart bly en juig my binneste; ja, my liggaam bly veilig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, ek is bly, ek juig, ek is altyd veilig,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
By Hom is ek veilig; Hy hou my op die regte pad. Ek is baie bly; my blydskap hou nooit op nie. U sal nie toelaat dat die dood my onkant betrap nie.