Psalms 17:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat my aangaan, ek sal u aangesig aanskou in geregtigheid; ek sal versadig word as ek wakker word, met u gelykenis.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.
Afrikaans 1933/1953
Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
Afrikaans 1983
Maar wat my betref, omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan. As ek wakker word, sal ek my verbly in u teenwoordigheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat my betref, in geregtigheid sal ek u teenwoordigheid ervaar; wanneer ek wakker word, sal ek van u verskyning versadig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ekself het reg gedoen, daarom sal ek vir U sien. Wanneer ek wakker word en ek sien U is by my, dan wil ek niks meer hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal na U toe kom, want ek doen wat U sê! Ek is reg. Elke keer wanneer ek sien hoe U by my is, is ek sommer baie bly.