Psalms 18:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het geroep, maar daar was niemand om hulle te verlos nie: tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
Afrikaans (NLV) 2011
My vyande het U voor my laat vlug; my haters het ek uitgewis.
Afrikaans 1933/1953
En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, die het ek vernietig.
Afrikaans 1983
U het my vyande voor my laat vlug en ek kon my haters uitwis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My vyande – U het hulle vir my laat vlug; en my haters – ek kon hulle vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U laat hulle vlug, weg van my, en ek kan die mense wat my haat, vir altyd stilmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dis eintlik U wat my vyande vir my oorwin. U het gesorg dat hulle weghardloop. So kon ek die mense wat nie van my hou nie se mag heeltemal breek.