Psalms 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die pad vergaan as sy toorn net 'n bietjie ontvlam nie. Geseënd is almal wat op Hom vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011
Onderwerp julle aan God sodat Hy nie toornig word en jy op die pad omkom nie. Want sy toorn ontvlam gou, maar daar is vreugde vir almal wat by Hom skuil.
Afrikaans 1933/1953
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Afrikaans 1983
en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soen die seun, sodat Hy nie toornig word en julle op pad omkom nie, want sy toorn vlam maklik op. Gelukkig is almal wat by Hom skuil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
julle moet buig voor sy seun, die koning. As julle dit nie doen nie, dan sal die Here kwaad word, en julle sal sterf, want Hy word gou kwaad. Dit gaan goed met mense wat vra dat die Here hulle moet beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dien Hom nederig. Hou Hom tevrede en moenie Hom kwaad maak nie. As julle Hom kwaad maak, gaan julle swaarkry, glo my. Moet dit nie eens probeer nie. As jy aan die kant van die Here gaan staan, sal jy nie jammer wees nie.