Psalms 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal Hy met hulle spreek in sy toorn en hulle in sy groot misnoeë kwel.
Afrikaans (NLV) 2011
In sy toorn praat Hy met hulle, en in sy woede verskrik Hy hulle:
Afrikaans 1933/1953
Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
Afrikaans 1983
Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan spreek Hy hulle in sy toorn aan, met sy woede verskrik Hy hulle:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En dan word Hy kwaad, Hy praat en Hy laat hulle skrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit maak die Here kwaad en Hy bly nie stil nie. Sy woorde laat hulle bewe van skrik: