Psalms 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal die besluit verkondig: die HERE het vir my gesê: U is my Seun; vandag het Ek jou gegenereer.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil vertel van die Here se besluit. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun. Vandag het Ek jou Pa geword.
Afrikaans 1933/1953
Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
Afrikaans 1983
Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil die vaste besluit bekend maak: Die Here het vir my gesê: “Jy is my seun, vandag het Ek jou verwek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek, die koning, sal sê wat die Here gesê het. Die Here het vir my gesê: “Jy is my seun, Ek is van vandag af jou Vader.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat ek julle vertel wat die Here vir my gesê het: “Jy is my seun. Van hierdie dag af is Ek jou Vader.