Psalms 22:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Red my siel van die swaard; my liefling uit die mag van die hond.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, bly nie ver van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou!
Afrikaans 1933/1953
Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
Afrikaans 1983
En U, Here — moet tog nie so ver bly nie, Bron van my krag, help my tog gou!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U, Here, moet tog nie ver van my bly nie; my bron van krag, kom my gou te hulp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar U, Here, U moenie ver van my wees nie. Net U kan my sterk maak, U moet my gou kom help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U moet my tog nie alleen los nie, Here! U alleen gee my krag. Kom help my baie gou!