Psalms 22:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar U is heilig, o U wat in die lofsange van Israel woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie.
Afrikaans 1933/1953
My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
Afrikaans 1983
My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags, maar daar is geen rus vir my nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My God, ek roep elke dag en nag, maar U antwoord nie, ek kan nie rus nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My God, ek roep U heeltyd; ek hou nie op met bid nie, heeldag en heelnag lank, maar van U is daar geen teken nie. U is doodstil.