Psalms 24:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Hy het dit op die see gegrond en dit op die strome gevestig.
Afrikaans (NLV) 2011
Die fondamente van die aarde het Hy in die oseane gelê, en dit op die riviere gevestig.
Afrikaans 1933/1953
want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
Afrikaans 1983
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want Hy het dit op oseane gegrond en op strome gevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
want Hy het die aarde bo-op die water gesit, Hy het die aarde vas laat staan bo-op die diep water.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het die aarde op die see en riviere gebou.