Psalms 25:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, laat niemand wat op U wag, beskaamd staan nie; laat hulle beskaamd staan wat sonder oorsaak oortree.
Afrikaans (NLV) 2011
Niemand wat op U wag, word ooit beskaam nie, maar húlle word beskaam wat bedrieg sonder oorsaak.
Afrikaans 1933/1953
Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
Afrikaans 1983
Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie; maar hulle wat sonder rede ontrou is, sal beskaamd staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En ook, ek bid dat mense wat in U glo, nie sal verloor nie. Die mense wat nie doen wat U wil hê hulle moet doen nie, U moet húlle laat verloor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle wat op U hoop, sal nooit teleurgesteld wees nie. Maar hulle wat U nie dien nie, sal aan die kortste ent trek.