Psalms 28:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verlos u volk en seën u erfdeel; voed hulle ook en verhef hulle tot in ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Red tog u volk en seën hulle wat aan U behoort! Wees vir hulle ’n herder en versorg hulle vir altyd.
Afrikaans 1933/1953
Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.
Afrikaans 1983
Red u volk en seën dié wat aan U behoort; wees vir hulle 'n herder en sorg altyd vir hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Verlos tog u volk en seën u erfdeel; wees vir hulle 'n herder en dra hulle vir altyd!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U moet u volk red, U moet dit goed laat gaan met die mense wat aan U behoort. U moet vir hulle die Herder wees en altyd vir hulle sorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Help u kinders, Here. Laat hulle wat aan U behoort, genoeg hê om van te leef. Sorg vir hulle soos ’n herder vir sy skape omgee. Tel hulle op en dra hulle elke dag.