Psalms 30:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sing tot eer van die HERE, o sy heiliges, en loof tot eer van sy heiligheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, U het my gered van die doderyk, U het verhoed dat ek saam met ander wegsak in die graf.
Afrikaans 1933/1953
HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
Afrikaans 1983
Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Here, U het my lewe uit die •doderyk laat opkom; U het my lewend gehou tussen dié wat afdaal in die put.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U het my laat uitkom uit die doderyk, ek was naby die dood, maar U het my weer laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U het my uit die dood teruggeruk na die lewe toe. Ek het nie doodgegaan nie. U het my weer lewendig gemaak.