Psalms 31:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Buig jou oor voor my; red my gou; wees my sterk rots, 'n huis van verdediging om my te red.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, ek kom na U vir beskerming; moenie dat ek beskaamd staan nie. Red my, want U is regverdig.
Afrikaans 1933/1953
By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.
Afrikaans 1983
By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
By U, Here, skuil ek. Laat my nie vir altyd beskaamd staan nie, bevry my deur u •geregtigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, ek vra dat U my moet beskerm, ek vra dit net vir U, U moenie dat ek verloor teen my vyande nie, nooit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, by U kruip ek weg! Moet my tog nooit in die steek laat nie. Vat my moeilikheid weg van my. U is goed vir almal wat op U vertrou.