Psalms 31:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U moet hulle verberg in die verborgenheid van u aangesig vir die hoogmoed van mense; U moet hulle in 'n hut in die geheim bewaar vir die twis van tonge.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe groot is die goedheid wat U weggebêre het vir hulle wat U dien, wat U voor die oë van die mense gee aan hulle wat op U vertrou.
Afrikaans 1933/1953
o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
Afrikaans 1983
Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe groot is u goedheid wat U bewaar vir dié wat vir U ontsag het, wat U voorberei vir dié wat by U skuil, terwyl die mense toekyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U is altyd baie goed vir mense wat vir U dien. Al die mense kan sien U doen goed aan mense wat vra dat U hulle moet beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U is baie goed vir elkeen wat U dien. U maak u hart oop vir mense wat vir U eerbied het. U gee vir hulle meer as genoeg om van te leef. Almal sien dit raak.