Psalms 31:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het die wat op leuenagtige nietighede ag geslaan, gehaat, maar ek vertrou op die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
In u hande gee ek my lewe oor. U het my verlos, Here, troue God.
Afrikaans 1933/1953
In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.
Afrikaans 1983
In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In u hand gee ek my gees oor; U het my bevry, Here, troue God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek gee myself vir U, Here, net vir U. U is God, net U is God, U maak my vry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, my God, ek stel my lewe in u hand. U, Here, is die God wat getrou is om my te verlos.